Suksesvolle Eisteddfod
’n Suksesvolle Eisteddfod-week is afgehandel! Baie dankie aan al die betrokke Gimmie-personeel en -leerders asook ander skole wat deelgeneem het.
Noordwes-netbalspanne
Sewe Gimmie-netbalspelers in Noordwes-spanne Sewe Gimmie-netbalspelers is vir Noordwes-spanne gekies. Geluk dogters, ons is trots op julle! Links voor: Ruandi van Dyk, Juné Roode, Marjuzel Venter, Ashlynn Botha Links agter: Martiné Jordaan, Sunel Smit, Marizelle Coetzee
Gimmies se fietsryers
Gimmies se fietsryers presteer puik by die afgelope naweek se fietsryuitdagings Tydens die NWU “Extreme Mountain bike” uitdaging se halfmarathon van 46km, is Joné van Eeden as algehele wenner van die dames aangewys. Sy is ook as die Noordwes- juniormarathonkampioen aangewys. Geluk ook aan Meyer Leeb wat agtste geëindig het en Marco Taljaart, Christiaan Smit […]
Krieketdogters presteer puik
Tydens die Noordwes krieketprysuitdeling is Ané van Wyk as die Noordwes o/19-dogterkrieketspeler by die CSA nasionale week 2018 aangewys en Coleen Oosthuizen as die beste speler van die jaar in die Premier Klubliga. Baie geluk aan die twee dogters met hierdie skitterende prestasie.