Engelse redenaars

Francois Wiid en Lize van der Westhuizen het aan die Engelse Redenaars kompetisie deelgeneem. Geluk aan Francois wat ʼn derde plek behaal het. Mooi so, julle twee!  

Skyfskietliga 4

Gimmies is baie trots op die skuts wat in Fochville aan skyfskietliga 4 deelgeneem het. Jomarie Oosthuizen behaal ’n volkaart (50/50) in die lêposisie. Shani Nel het die hoogste posisie in staan, kniel en 10m-dogters behaal. Anthony Theunissen behaal ’n derde plek in die vrystaande pistoolposisie. Nadine Nel het die hoogste posisie in lê vir […]

Noordwes-hokkiespanne

Gimmies is baie trots om aan te kondig dat 36 van ons hokkiespelers vir onderskeie Noordwes-spanne gekies is. Baie geluk! o/14 Seuns Voor: Ferdi Joubert, Franco van Dyk, Marko Werkman, Francois Harding Agter: Naldo de Jager, Jadrik Lamprecht, Jan-Adriaan van Wyk, Wian Landman o/14 Dogters Voor: Danelle Goedhals, Jana van der Merwe, Mornille Jonathan, Anika […]

Gimmie-ballet

Baie geluk aan Megan Prinsloo wat na afloop van ’n oudisie deur die American Academy of Ballet gekeur is om ’n somerskool in New York by te woon. Sy sal klas hê by wêreldklasafrigters en ook blootstelling aan verskeie dansvorme kry. Geniet dit, Megan en sterkte!  

ATKV-debatskompetisie

Baie geluk aan Brendon Jacobsz en Kayla van der Ryst wat na die semifinale rondte van die ATKV-debatskompetisie deurgedring het. Mooi so!