(018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za
POTCHEFSTROOM GIMNASIUM

ATKV-redenaars

Hierdie klompie Gimmies het by die ATKV-redenaars dit reggekry om onder die top 10 van die semifinaal te eindig. Geluk aan Philip Human, Anica Ueckermann, Juné Holm, Reuben Smit en Francois Wiid.

Baie geluk ook aan Reuben Smit en Philip Human wat gekwalifiseer het vir deelname aan die landsfinaal. Dit is ’n puik prestasie aangesien die twee bestes in elke afdeling kwalifiseer.

Knap gedaan, julle!