Cheerleaders
Baie geluk aan Gimmies se cheerleaders wat tydens die provinsiale kompetisie by HTS Klerksdorp aangewys is as die span wat die meeste verbetering getoon het. Hulle dring ook deur na die nasionale kompetisie, wat op 22 Junie in Oos-Londen aangebied word. Mooi so, julle! Julle maak ons trots.
o/16A’s is Noordwes-wenners
Baie geluk aan al die Gimmie-netbalspelers wat puik wedstryde tydens die Noordwes-uitspele gehad het. Die o/16A-netbalspan tree as Noordwes-wenners uit die stryd! Die eerstespan eindig tweede, die o/17A’s derde en die o/14A’s vierde. Ons is trots op julle! Sterkte aan die eerste-, o/17A- en o/16A-netbalspan wat na die SA School’s Challenge deurdring.