Fietsry
Gimmies is baie trots op Joné van Eeden wat tydens die SA-Jeugpadfietskampioenskappe ’n algehele derde plek in die o/19-kategorie behaal het. Hoewel Joné eintlik ’n bergfietsryer is, het sy haar puik van haar taak met hiérdie prestasie gekwyt.
Rugby
Gimmies is baie trots op Keenan Twigg wat vir die Luiperds o/20-rugbyspan teen die Limpopo Blou Bulle gespeel het. Dit is ‘n groot prestasie vir ‘n skoolseun.
Cheerleaders
Gimmies se cheerleaders eindig algeheel vyfde tydens die nasionale kompetisie wat verlede week in Oos-London plaasgevind het. Baie geluk, ons is trots op julle!
Netbal
Martine Jordaan en Sunel Smit is tydens die SA-skole-netbaltoernooi in die top 35-groep ingesluit. Dit is ‘n puik prestasie en ons is trots op julle! Baie geluk!
Krieket
Baie geluk aan Junior Mathe wat in die CSA-nasionale o/17-krieketspan ingesluit is. Hiérdie groep vorm deel van die CSA o/19-oefengroep ter voorbereiding vir die wêreldbeker in 2020.