Wiskunde-Olimpiade
Baie geluk aan Anton Steyn wat voor die vakansie aan Beeld se wiskunde-olimpiade in Gauteng deelgeneem het. Hy slaag daarin om onder die top 20 te eindig en sal op 27 Julie aan die finaal, wat by Hoërskool Florida plaasvind, deelneem.
Op die spel
Baie geluk aan Michelle Hammann wat tydens die uitkloprondtes van Op Die Spel Gimmies se naam hoog gehou het! Michelle eindig tweede in die semifinaal van die graad 10’s.
Afrikaans-Olimpiade
Baie geluk aan Karli Steyn wat as die provinsiale wenner van die senior Afrikaans-olimpiade aangewys is. Sy behaal ‘n puik gemiddeld van 82%. Ons is trots op jou, Karli
Dans
Anellé Arbuckle het tydens die vakansie aan die “Europe dance Grand Prix Championships” in Bologna, Italië, en aan die “IFAA Dance and Modelling Awards and Grand Prix Championships” in Windhoek en Swakopmund deelgeneem. Baie geluk met jou besondere prestasies, Anellé! Ons is trots op jou. Tydens die eerste kompetisie was sy deel van ’n groep […]