SA Schools Championships

Gimmies is geweldig trots op die drie netbalspanne wat die naweek aan die “SA Schools Championships” deelgeneem het.

Ons weet dat elke speelster haar beste gegee het. Die o/16A-span het ongelukkig in die kwartfinaal teen Hoërskool Dinamika vasgeval en algeheel 4de geëindig. Die o/17A-span eindig 15de en die eerstespan 25ste.

Dit was ’n groot geleentheid en goeie ervaring om teen skole soos Afrikaans Hoër Meisieskool, Eldoraigne en Kemptonpark te speel.

Mooi so, meisies! Julle is steeds tops!