Fietsry

Baie geluk aan die Gimmie-fietsryers wat tydens die Spur “Schools Mountain bike League” puik presteer het. Ons is trots op julle. o/14: Ernie Roets, 1ste Paul Viljoen, 19de o/16: Marco Taljaard, 8ste Pieter van der Walt, 57ste o/18 (dogters en seuns): Joné van Eeden, 1ste Natasha Roets, 2de Meyer Leeb, 6de

Tennis

Gimmies is baie trots op die onderskeie tennisspanne! Die eerste dogterspan is Noordwes-wenners en die eerste seunspan speel in die finaal nadat beide vir KHS gewen het. Die tweede dogterspan wen hul ligawedstryd teen Hoërskool Rustenburg. Die derde dogterspan en derde- en vierde seunspan het ongelukkig teen Hoërskool Rustenburg vasgeval. Ons is trots op julle!

Muurbal

Baie geluk aan Dylan Niemack en Elske Garbers wat in die Suid-Afrikaanse o/16-muurbalgroep is. Dit is ’n groot prestasie en Gimmies is baie trots op julle.

Landloop

Baie geluk aan die volgende landlopers wat tydens die byeenkoms in Fochville puik presteer het. o/14-seuns – Ryno Schutte (1ste) o/14-dogters – Anika Rossouw (6de) o/15-seuns – Ashton Diedericks (2de) Senior seuns – Abrie Kruger (2de)

o/17-skaakspan wen Noordwes

Baie geluk aan die o/17-skaakspan wat die Noordwes-finaal gewen het! Dit wil gedoen wees. Geluk ook aan die o/19-span wat vierde geëindig het.