Graad 9- en 11-leerders word vereer
Baie dankie aan “X-port Capital – International Investment Corporation” wat aan graad 9- en 11-leerders wat die hoogste gemiddeld in EBW/Rekeningkunde en Wiskunde gekombineerd behaal het, erkenning gegee het. Elke leerder het ’n trofee en kontantprys ontvang. Mooi so! Julle weet duidelik hoe om met syfers te werk.
Noordwes Senior A-span
Baie geluk aan Marlize Jordaan, eerste dogtershokkiespan se doelwagter, wat in die Noordwes Senior A-span opgeneem is. Gimmies is trots op jou.
ATKV-redenaars finaal
Reuben Smit en Philip Human het verlede naweek aan die finaal van die ATKV-redenaarskompetisie in die Kaap deelgeneem. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie. Baie geluk, ons is baie trots op julle.
Besigheid-simulasie-uitdaging
Baie dankie aan IMPACT wat gister die graad 10-besigheidstudieleerders aan die SNAP-Besigheid-simulasie-uitdaging laat deelneem het. Die vier groepe het elkeen ’n scenario ontvang waar hulle die besigheid van bankrot tot winsgewend moes lei. Die wenspan het elkeen ’n boek van die bekende entrepreneur, Marnus Broodryk, ontvang.