Landloop
Baie geluk aan die landlopers wat tydens die Noordvaal-finaal Gimmie-guts gewys het. Dié leerders het in die junior- of seniorkategorie teen skole soos Montana, Garsfontein en Waterkloof deelgeneem. Die volgende leerders eindig onder die top 20: Danielle Verster, tweede Rico Leijenaar, 17de Abrie Kruger, 19de Ons is trots op elkeen van julle.
Krieket
Baie geluk aan die onderskeie krieketspanne wat ’n goeie krieketnaweek beleef het. Die eerstespan wen met agt paaltjies teen Hoërskool Lichtenburg. Die tweedespan wen met 91 lopies teen Boys High, die o/15A’s met twee paaltjies teen Lichtenburg en die o/15B-span met 163 lopies teen Boys High se o/15A’s. Mooi so, seuns! Julle maak ons trots.
“Fast 5” Twizza-toernooi
Baie geluk aan die o/17-netbalspan wat die “fast 5” Twizza-toernooi, wat by Hoërskool Wesvalia aangebied is, gewen het. Dié span het 7 wedstryde baie oortuigend gewen. Mooi so, meisies!
Perdry
Baie geluk aan Kayleigh Walker wat in die SANESA nasionale-span opgeneem is. Sy verwerf ook Noordwes-kleure in “Western mounted games” vir perdry en gaan die span in September by ’n kompetsie verteenwoordig.
Skaak
Baie geluk aan die Gimmie-skaakspelers wat Noordwes-kleure verwerf het. Dié leerders is ook in die span wat aan die “South African Junior Chess Championships” gaan deelneem. Mooi so, julle maak duidelik die regte skuif! o/18A: Anaïs Saayman (graad 11) Wiehan Jonker (graad 10) Christiaan Cloete (graad 9) o/16A: Danica Herselman (graad 9) Danica Herselman (graad […]
Noordwes-landloopspan
Baie geluk aan die volgende leerders wat tot die Noordwes-landloopspan verkies is. Dit is ’n groot prestasie waarop julle baie trots kan wees. o/14-seuns: Rico Leijenaar Ryno Schutte o/15-seuns: Ashton Diedericks o/16-seuns: Gerrit de Kock o/16-dogters: Danielle Verster Sunel Smit o/17-dogters: Leonore Lubbe Juniorseuns: Abrie Kruger