Dogterskrieket

Baie geluk aan die eerste dogterskrieketspan wat met 10 paaltjies teen Schweizer Reneke gewen het. Geluk ook aan Anica Swart en Elske Garbers wat ’n vennootskap van 119 lopies gekry het. Elske het ook daarin geslaag om 3 paaltjies te neem. Ons is trots op julle!

Boys High se YCP-talentkompetisie

Baie geluk aan die leerders wat by Boys High se YCP-talentkompetisie puik presteer het. Anelle Arbuckle word as algehele wenner aangewys. Geluk ook aan al die ander Gimmies wat hieraan deelgeneem het. Ons is trots op julle! Sang:  Lara Badenhorst en Francois Wiid, eerste plek Wiané Joubert, derde plek Dans: Anelle Arbuckle, eerste plek Jenny […]

Spur Schools Moutain Bike League

Baie geluk aan die fietsryers wat die naweek aan die “Spur Schools Mountain bike league” deelgeneem en weereens Gimmies se naam hoog gehou het. Geluk ook aan Ernie Roets, Natasha Roets en Joné van Eeden wat in die Noordwes-span opgeneem is. Dié fietsryers neem op 27 en 28 September aan die SA’s in Brits deel. […]

Lichtenburg sewes-toernooi

Baie geluk aan die o/17- en o/15-sewesspanne wat die naweek gespeel het. Die o/17’s slaag daarin om 5 van hul 6 wedstryde te wen. Dié span het in die Plaat-finaal teen Wesvalia gewen en kom algeheel 5de. Die o/15’s wen 3 van hul 5 wedstryde en eindig algeheel 9de nadat hul vir Zeerust in die […]

IFAA Dance Championships

Baie geluk aan Anellé Arbuckle wat die naweek aan die finaal van die IFAA Dance Championships deelgeneem en uitsonderlik presteer het! Sy haal die Diamantspan in al ses haar dansstyle – dit beteken 95% en meer vir ’n dansstyl. Anellé behaal ook die hoogste persentasie in haar dansstyle en verwerf SA-kleure. Sy is ook gekies […]