Opwindende krieketnaweek
Wat ’n opwindende krieketnaweek was dit nie! Ons is trots op elke span en speler. Die eerstespan het Saterdagoggend teen HTS Potchefstroom gespeel en met 168 lopies gewen. Marinus Pienaar teken 86 lopies aan en Louis Fourie 80. Martin Landman slaag daarin om 5 paaltjies te neem. Die o/15A’s wen Wesvalia met 191 lopies en […]
Sewes
Baie geluk aan die o/17- en o/15-spanne wat die naweek aan ’n sewestoernooi deelgeneem het. Die o/15-span eindig algeheel 4de en die o/17-span tweede. o/15: Gimmies 5 – 24 KHS Gimmies 29 – 0 Kroonstad Gimmies 35 – 21 Boys High Semifinaal: Gimmies 19 – 31 Volkies Gimmies 7 – 10 Wesvalia o/17: Gimmies 34 […]
Tennis
Baie geluk aan die seuns- en dogterstennisspan wat die naweek aan ’n toernooi in Bethlehem deelgeneem en puik presteer het. Gimmies het in die A-afdeling gespeel waar daar altesaam 28 spanne was. Die dogters eindig 8ste en het teen skole soos Helpmekaar, Hoërskool Rustenburg en Oranje Meisies gespeel. Die seuns eindig 9de en het teen […]
SA-landloopkampioenskappe
Baie geluk aan die landlopers wat die naweek aan die SA-landloopkampioenskappe deelgeneem het. Danielle Verster word as kampioen in die o/16-kategorie aangewys. Dit is ’n puik prestasie! Gimmies is trots op al die landlopers. o/14 (seuns): Rico Leijenaar, 13de Ryno Schutte, 86ste o/14 (dogters): Ilane Herbst, 46ste Anika Rossouw, 76ste o/15 (seuns): Ashton Diedericks, 103de […]
Muurbal
Baie geluk aan die gemengde A-muurbalspan wat as Potch-wenners uit die stryd getree het! Dit wil gedoen wees.