Wat ’n opwindende krieketnaweek was dit nie! Ons is trots op elke span en speler.
Die eerstespan het Saterdagoggend teen HTS Potchefstroom gespeel en met 168 lopies gewen. Marinus Pienaar teken 86 lopies aan en Louis Fourie 80. Martin Landman slaag daarin om 5 paaltjies te neem.
Die o/15A’s wen Wesvalia met 191 lopies en die o/15B-span wen Ferdies met 7 paaltjies. Die tweedespan wen Hoërskool Schoonspruit se eerstespan met 10 paaltjies.
Die eerstespan speel die middag teen Volkies in die voorwedstryd van die Varsity Cup-krieketfinaal. Gimmies moes ongelukkig die knie buig en verloor met 52 lopies.
Dankie aan Varsity Sports wat die Gimmie-leerders die geleentheid gegee het om die landsvlag tydens die sing van die volkslied op die veld te dra. Dankie ook aan al die kinders wat kom ondersteun het!