Baie geluk aan die seuns- en dogterstennisspan wat die naweek aan ’n toernooi in Bethlehem deelgeneem en puik presteer het.

Gimmies het in die A-afdeling gespeel waar daar altesaam 28 spanne was.

Die dogters eindig 8ste en het teen skole soos Helpmekaar, Hoërskool Rustenburg en Oranje Meisies gespeel.

Die seuns eindig 9de en het teen skole soos Marais Viljoen, Helpmekaar en Affies gespeel.