Skaakmat!

Baie geluk aan Dewald Lubbe wat in die o/16A-ope Tshwane-skaakspan opgeneem is. Hierdie span gaan in Januarie 2020 aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskappe in Benoni deelneem. Mooi so, Dewald, Gimmies is trots op jou!

WOW-Spelfees

Baie geluk aan Michelle Hammann wat tydens die WOW-Spelfees se provinsiale uitdunne tweede geëindig het. Sy gaan die 19de Oktober in Stellenbosch aan die nasionale kompetisie deelneem. Mooi so, Michelle!

Dogterskrieket

Baie geluk aan die eerste dogterskrieketspan wat hul seisoen op ’n hoogtepunt afgesluit het. Dié span het vir Hoërskool Schoonspruit met 100 lopies gewen. Anica Swart het 90 lopies geslaan en Colleen Oosthuizen het 3 paaltjies in slegs 1 beurt geneem. Mooi so, meisies!