Skyfskiet
Baie geluk aan die Gimmie-skyfskietspan wat Noordwes vanaf 21-28 September by die SA’s in die Kaap verteenwoordig het. Dié 13 leerders het hul puik van hul taak gekwyt. Anthony Theunissen, wat deel van die o/21-pistoolspan was, het goud verower. Ruhan van der Merwe en Shani Nel, wat in die o/14-Noordwes-span was, het algeheel derde geëindig.
Swem
Baie geluk aan die volgende Gimmie-swemmers wat tydens die Noordwes-kortbadkampioenskappe uitstekend presteer het! Hierdie byeenkoms is die afgelope naweek in Rustenburg aangebied. Gimmies is bitter trots op julle. Geluk ook aan Theo, Chazél, William, Tiaan, Janco en Juandré wat Noordwes-kleure ontvang het. 1. Janco Uys: 5 goue- en 2 bronsmedaljes. Hy ontvang ook die Noordwes-swem […]
Sewes
Baie geluk aan Morné Stafford en Janu Brand wat in die derde kwartaal vir die o/17-Luiperds-sewesspan gekies is. Tydens die vakansie het dié span aan die provinsiale sewestoernooi deelgeneem. Mooi so, Gimmies is trots op julle!
Krieket
Gimmies se krieketspanne het die naweek vir aksie gesorg! Baie geluk aan die eerstespan wat 196 lopies in 29 beurte aangeteken het. Die seuns wen KHS met 3 paaltjies. Geluk aan Gerhard Turkstra wat 47 lopies aangeteken het. Die o/15A-span het ’n allemintige 310 lopies aangeteken en wen KHS met 78 lopies. Benjamin Viljoen teken […]
Fietsry
Tydens die vakansie het Gimmie-fietsryers aan die nasionale Spur “Schools MTB League” se finale byeenkoms, wat oor twee dae gestrek het, deelgeneem. Baie geluk aan elkeen wat hul beste gegee het! Gimmies is trots op hulle. Uitslae is as volg: Joné van Eeden, twee 3de plekke Natasha Roets, 11de en 9de plek Ernie Roets, 13de […]
Perdry
Kayleigh Walker het van 21-23 September Noordwes by die “Western mounted games” in Parys verteenwoordig. Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Vir SANESA het sy in vlak een twee derde plekke en ’n vyfde plek behaal. Vir SAWMGA het sy in vlak een ’n vierde, vyfde, sesde en sewende plek behaal. Baie geluk, […]