(018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za
POTCHEFSTROOM GIMNASIUM

Krieket

Gimmies se krieketspanne het die naweek vir aksie gesorg!

Baie geluk aan die eerstespan wat 196 lopies in 29 beurte aangeteken het. Die seuns wen KHS met 3 paaltjies. Geluk aan Gerhard Turkstra wat 47 lopies aangeteken het.

Die o/15A-span het ’n allemintige 310 lopies aangeteken en wen KHS met 78 lopies. Benjamin Viljoen teken 144 lopies aan.

Die o/15B-span wen Ikageng met 10 paaltjies.

Geluk, seuns! Ons is trots op julle.