Sing in Harmonie

Gimmies het rede om trots te wees! Die Gimmie-kamerkoor het Saterdag 12 Oktober by Gold Reef City aan die noordelike finaal van Sing in Harmonie deelgeneem en is as algehele wenners aangewys. Dié koor is een van sewe kore wat na die landsfinaal deurdring. Baie dankie aan juffrou Loretté du Toit wat ’n uitstekende afrigter […]

Krieket-semifinaal

Baie geluk aan al die krieketspanne wat die naweek in die Noordwes-semifinaal gespeel het. Die o/15A-span wen Hoërskool Wesvalia met 186 lopies. Die o/15B-span wen Hoërskool Wolmaransstad met 213 lopies. Mooi so, seuns! Albei die o/15-spanne speel Saterdag in die Noordwes-finaal. Die eerstespan val ongelukkig teen Hoërskool Rustenburg vas en verloor met 31 lopies. Die […]

SA 0/19-toerspan

Gimmies is baie trots op Keenan Twigg wat vir die SA o/19-toerspan na Georgia gekies is. Dit is ’n besondere prestasie, Keenan. Geluk!

GeeXpo PAT-kompetisie

Baie geluk aan Jonathan Vorster wat tydens die NWU se GeeXpo PAT-kompetisie ’n tweede plek behaal het. Jonathan het ’n twee jaar IT-beurs by die NWU gewen. Sjoe, geluk, Jonathan!

Spelling Bee

Vir die eerste keer in Gimmies se geskiedenis is daar ’n Spelling Bee gehou. Leerders se Engelse woordeskat is behoorlik getoets en het hulle die beoordelaars nie verbaas nie! Geluk aan almal wat deelgeneem het! Daar was 30 senior- en 34 junior deelnemers. Juniors (graad 8 en 9): 1ste plek: Wian Landman 2de plek: Jonathan Botes […]

Visvang

Christof Greyling is ’n visvanger van formaat. Hierdie graad 9-leerder het tydens Augustus aan die Zone 5-toernooi in Namibië, waarvan vyf buurlande ook deel was, deelgeneem. Die SASSAC-span, waarvan Christof deel was, is as die o/19-wenspan aangewys. Hy behaal ’n algehele derde plek. Christof word ook tydens die Sentraal Noordwes-prysuitdeling, as die junior sportman van […]