Wiskunde-olimpiade

Baie geluk aan Jayden du Toit wat in Noordwes as kwintiel vier- asook algehele wenner van die graad 8 SAMF-wiskunde-olimpiade aangewys is. Mooi so, jou slimkop!

Op die Planke-toneelfees

Tydens die Op die Planke-toneelfees het Gimmies se akteurs weereens naam gemaak. Francois Wiid word as beste akteur, Janco Mouton as tweede beste akteur en Adriaan Minneé as beste klankman aangewys. Mooi so, manne! Gimmies is trots op julle.

WOW-Spelfees

Michelle Hammann het weereens Gimmies se naam tydens die nasionale WOW-Spelfees hoog gehou. Sy het in Stellenbosch gaan deelneem en algeheel vierde in die graad 10-afdeling gekom. Dit is puik! Baie geluk.

Krieket – Noordwes-finaal

Pure vreugde is wat in dié foto gesien word. Baie geluk aan die o/15B-krieketspan wat die afgelope naweek in die Noordwes-finaal Wesvalia met 6 paaltjies gewen het. Geluk aan Thyaron Briel wat 3 paaltjies geneem het en Conrad Jordaan wat 22 lopies aangeteken het. Geluk, seuns! Die o/15A-span het ongelukkig teen Volkies vasgeval en met […]

Noordwes-tweekamp

Vier Gimmies het Saterdag 12 Oktober aan Noordwes-tweekamp deelgeneem en puik presteer. Baie geluk, julle vier! Julle hou Gimmies se naam hoog. Dogters o/15: Anika Rossouw, 2de plek Dogters o/17: Sunel Smit, 1ste plek Seuns o/15 Rico Leijenaar, 1ste plek Ryno Schutte, 2de plek