Krieket – Noordwes-finaal

Pure vreugde is wat in dié foto gesien word.

Baie geluk aan die o/15B-krieketspan wat die afgelope naweek in die Noordwes-finaal Wesvalia met 6 paaltjies gewen het.

Geluk aan Thyaron Briel wat 3 paaltjies geneem het en Conrad Jordaan wat 22 lopies aangeteken het.

Geluk, seuns!

Die o/15A-span het ongelukkig teen Volkies vasgeval en met 7 paaltjies verloor. Geluk aan Martin Bullock wat ’n hondertal aangeteken het.