Nasionale Wetenskap-olimpiade
Baie geluk aan Michelle le Roux, graad 10, en Anica Ueckermann, graad 8, wat tydens die nasionale Wetenskap-olimpiade ’n silwersertifikaat in onderskeidelik lewenswetenskappe en natuurwetenskappe verwerf het. Mooi so, meisies!
Fisiese wetenskap-olimpiade
Baie geluk aan Jonathan Vorster wat een van 33 leerders is wat aan uitduntoetse gaan deelneem om te bepaal of hy aan die internasionale Fisiese wetenskap-olimpiade in Vilnius, Lithuania in Europa, gaan deelneem. Daar lê nog ’n stywe opdraend voor, maar om deel te vorm van 33 graad 11’s is ’n puik prestasie. Sterkte, Jonathan, […]
Matriekprysuitdeling en kerkdiens
Die matrieks van 2019 het Donderdag 10 Oktober hul prysuitdeling en kerkdiens gehad. Hierdie geleentheid is seker een van dié spesiaalste geleenthede op die Gimmie-kalender. Matrieks, julle is ons trots. Mag die laaste deel van jul skoolloopbaan op ’n hoogtepunt afgesluit word. Gimmies weet dat elkeen van julle ’n pragtige storie het […]