TROTS, TROTS EN NOGMAALS TROTS!

Baie geluk aan 2019 se matriekgroep wat ’n 100% slaagsyfer behaal het. Julle het hard gewerk hiervoor! Ons is baie trots op elkeen van julle. Mag julle toekoms ryklik geseën word. Gimmies het in totaal 254 onderskeidings en 90% universiteitsvrystelling behaal. Geluk ook aan die volgende leerders wat uitsonderlike prestasies behaal het: 8 Onderskeidings 1. […]

Krieket: eerste- en o/15-span

Tydens die vakansie het die eerste krieketspan Kaap toe getoer. Dié seuns het hulle uitsonderlik van hul taak gekwyt! Gimmies wen drie wedstryde, verloor twee en speel een gelykop. Uitslae: Gimmies vs. Paarl Gimnasium – gelykop. Gimmies vs. Hoërskool Wynberg – wen met 69 lopies. Gerhard Turkstra teken 81 lopies aan en Martin Bullock 68. […]

Swem

Baie geluk aan al die Gimmie-swemmers wat tydens die vakansie aan kampioenskappe deelgeneem en puik presteer het. Ons is trots op julle. Uitslae is as volg: NW-kampioenskappe (5-8 Desember 2019 te Rustenburg): Jack Cameron 2 brons Theo Ferreira 5 goud,3 silwer,1 brons Chazél Orton 15 goud (uitsonderlike prestasie!) Tiaan Rossouw 5 goud, 2 silwer, 1 […]

Highveld Lions Cubs-span

Baie geluk aan Junior Mathe wat op die ouderdom van 17 vir die Highveld Lions cubs-span (beste o/19 seuns in Gauteng en Noordwes) gekies is. Dié span het aan die nasionale Cubs-toernooi in Stellenbosch deelgeneem. Gimmies is trots op jou! Junior is een van drie Gimmie-krieketspelers wat die afgelope vyf jaar hierdie span gehaal het. […]

Skaak

Baie geluk aan die Gimmie-skaakspelers wat van 3-8 Januarie aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe deelgeneem en puik presteer het! Anaïs Saayman, Christiaan Cloete, Wiehan Jonker (o/18 Ope dr. Kenneth Kaunda-span), Juan-Naude Aslett (o/16 Ope dr. Kenneth Kaunda-span), Danica Herselman (o/16 dogters dr. Kenneth Kaunda- span) en Dewald Lubbe (o/16 Ope Tshwane-span) het Gimmies se naam  […]

Muurbal

Baie geluk aan Dylan Niemack wat vir die wêreld se junior muurbalgroep gekies is. Dylan gaan aan verskeie toernooie deelneem wat sal bepaal of hy Suid-Afrika vanaf 19 tot 30 Julie in Australië gaan verteenwoordig. Baie sterkte, Dylan. Gimmies weet jy kan dit doen.  

Welkom by die Gimmie-familie!

Baie seën en voorspoed vir julle vier. Dit is ’n FEES om ’n Gimmie-ONNIE  te wees. Louise Louw (Wiskunde en Fisiese wetenskappe), Ruan van Aswegen (Sosiale wetenskappe), Ansunica Brits ( Afrikaans) en Anje-Lené Verster (Afrikaans).