Highveld Lions Cubs-span

Baie geluk aan Junior Mathe wat op die ouderdom van 17 vir die Highveld Lions cubs-span (beste o/19 seuns in Gauteng en Noordwes) gekies is. Dié span het aan die nasionale Cubs-toernooi in Stellenbosch deelgeneem.

Gimmies is trots op jou! Junior is een van drie Gimmie-krieketspelers wat die afgelope vyf jaar hierdie span gehaal het.