Landloop

Baie geluk aan Danielle Verster wat tydens die ASA-landloopkampioenskappe puik presteer het! Danielle eindig vierdie onder die junior dames kategorie. Gimmies is trots op jou!

Swem-interhuis

Gimmies was soos ’n klomp visse in die water by die swem-interhuis. Dankie vir almal se deelname en goeie gees. Die klas wat die meeste deelname gehad het, was 8C. Mooi so! Geluk aan die volgende swemmers wat puik presteer het: Junior Victor Ludorum: Joël Kriek Junior Victrix Ludorum: Alexia Delicado Senior Victor Ludorum: William […]

Interhuis

Baie geluk aan die atlete wat tydens die Interhuis-atletiekbyeenkoms puik presteer het. Julle maak ons trots! Geluk ook aan die leerders wat as dirigente vir die Interhoër aangewys is. Beste prestasies: Dogters o/14: Amé Keyser Seuns o/14: Tobias van Dyk Dogters o/15: Juné Roode Seuns o/15: Richter van der Merwe Dogters o/16: Lee-Ann Grobbelaar Seuns […]

Tennis

Mari-Louise van Zyl is ‘n nuwe graad 8-leerder wat Suid-Afrika in Namibië met tennis gaan verteenwoordig het. Sy eindig derde en die span waarvan sy deel was, wen die toernooi. Mari-Louise gaan in Junie aan die Afrika-kampioenskappe in Egipte deelneem. Mooi so! Ons hou jou dop en weet dat jy nog hoër hoogtes gaan bereik. […]