Olimpiade
Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens die Suid-Afrikaanse natuur-, lewens- en fisiese wetenskappe-olimpiade puik presteer het. Julle hou Gimmies se naam hoog! Natuurwetenskappe graad 8: Anica Ueckermann (beste presteerder, ontvang ’n silwersertifikaat) CF Deacon Carla du Plessis Peter Hendriks Kiara Kirsten Hanno Mostert Pieter van der Walt Natuurwetenskappe graad 9: Marco Terblanche Juan-Naudé […]
Gimmie-atlete presteer
Baie geluk aan die top 30-atlete wat aan die Twizza Super School Series-byeenkoms deelgeneem en puik presteer het! Gimmies, wat een van 40 skole was, eindig algeheel vierde met Menlopark in die eerste plek, Prestige College tweede en Helpmekaar derde. Dit is ’n ongelooflike goeie prestasie waarop ons baie trots is! Dankie vir julle harde […]
Personeel word vereer
Gimmies is ontsettend dankbaar vir die uitstaande onderwysers wat ons het. Dié personeel is tydens die prysuitdeling vir hul jarelange toewyding vereer. Juffrou Madeleine Gerber en juffrou Susan van Staden het ’n 20 jaar-oorkonde ontvang, terwyl juffrou Mariska Esterhuysen, juffrou Anica Schoeman en juffrou Lorraine van der Westhuizen ’n 10 jaar-oorkonde ontvang het.
Senior Prysuitdeling
Baie geluk aan al die senior Gimmies wat tydens die prysuitdeling vir hulle harde werk vereer is. Ons waardeer julle deursettingsvermoë en hardwerkendheid baie. Geluk ook aan die volgende leerders wat uitsonderlike prestasies behaal het: Beste individuele prestasie sport van 2019: Danielle Verster & Miandi van Staden Junior Sportseun van 2019: Michael van Rooyen Junior […]
Junior prysuitdeling
Baie geluk aan al die junior Gimmies wat tydens die prysuitdeling vir hulle harde werk vereer is. Ons waardeer julle deursettingsvermoë en hardwerkendheid baie. Dit was weereens ’n spoggerige geleentheid. Dankie aan ons spreker, Adeleigh Homan,’n oud-Gimmie, wat die leerders geestelik gemotiveer het. Geluk ook aan die volgende leerders wat uitsonderlike prestasies behaal het: – […]
Skyfskiet
Baie geluk aan Shani en Nadine Nel wat tydens die Noordwes-liga 1 puik presteer het. Die twee sussies het hul uitsonderlik van hul taak gekwyt. Nadine (o/20) behaal ’n eersteplek in die 10m- en P3-posisie en Shani (o/16) ’n eersteplek in die 10m en ’n tweedeplek in die P3-posisie.
Rekords word gebreek!
Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens die Interhuis ’n paar rekords gebreek het. Ons is opgewonde oor die res van julle atletiekseisoen! Sandri van Rooyen (dogters o/14 hekkies) Karmen Fouché (dogters o/17 verspring) Danielle Verster (dogters o/17 1500m en 800m) Rico Leijenaar (seuns o/15 1500m) Richter van der Merwe (seuns o/15 diskus) Amé […]
Gala-kampioenskappe
Baie geluk aan die Gimmie-swemmers wat die naweek aan die 4+1 interprovinsiale gala-kampioenskappe deelgeneem en puik presteer het. Ons is trots op julle! Tumé van Niekerk, 2 goud en 1 brons Joël Kriek, 2 silwer, 1 brons Janco Uys, 1 brons Tiaan Rossouw, 1 goud Chazél Orton, 4 goud Micha Kriek, 1 silwer Juandré Uys, […]