(018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za
POTCHEFSTROOM GIMNASIUM

Gimmie-atlete presteer

Baie geluk aan die top 30-atlete wat aan die Twizza Super School Series-byeenkoms deelgeneem en puik presteer het!

Gimmies, wat een van 40 skole was, eindig algeheel vierde met Menlopark in die eerste plek, Prestige College tweede en Helpmekaar derde.

Dit is ’n ongelooflike goeie prestasie waarop ons baie trots is! Dankie vir julle harde werk.