Mnr. & Mej. Gimmie 2020
Mnr. & Mej. Gimmie het weereens nie teleurgestel nie! Lisa met die rooi hare en Tim Theron het die gehoor behoorlik met hul vlymskerp humorsin vermaak. Baie geluk aan al die finaliste wat deelgeneem en pragtig gelyk het, maar ’n GROOT geluk aan die wenners. Aimee en Janu, julle kan julle nuwe titel met trots dra! Dankie […]
Valbal 2020
Die jaarlikse Valbal, met The Great Gatsby as tema, was weer een vir die boeke! Gimmies, julle het stunning gelyk. Baie dankie aan juffrou Mariska Esterhuysen en haar span wat gesorg het dat die aand ’n sukses was. Dankie ook aan Crista Galli vir die pragtige venue en lekker kos.
Noordwes- Tweekamp
Baie geluk aan Ryno Schutte en Anika Rossouw wat tydens die Noordwes-tweekampkampioenskappe puik presteer het. Ryno behaal ’n eerste plek by die seuns o/15 en Anika ’n tweede plek by dogters o/15. Mooi so!
Top 10-presteerdes
Baie geluk aan die leerders wat na afloop van die November-eksamen onder die top 10 akademiese presteerders geëindig het. Ons waardeer julle harde werk en deursettingsvermoë. Hou so aan! Graad 8 van 2019 1. Wian Landman, 93% 2. Anica Ueckermann, 92.6% 3. Ulrich Jansen van Vuuren, 92,2% 4. Anika du Plooy, 92% 5. Vivienne Senekal, […]
Noordheuwel byeenkoms
Skitterend, atlete! Ons is trots op julle. Tydens die Noordheuwel Top 15-byeenkoms het Gimmies ware guts gewys en puik presteer. Die skool eindig eerste in die kleinskole-afdeling en algeheel agtste in die grootskole-afdeling. Dit sluit skole soos Menlopark, Monument, Helpmekaar en Garsfontein in. Die uitslae is as volg: o/14: Sandri van Rooyen, 2de in 100 […]
Skaak
Baie geluk aan die volgende skaakspelers wat tydens die Dr. Kenneth Kaunda-liga deelgeneem en puik presteer het. Ons is trots op julle! o/16: Daniël Cloete, 3de plek o/18: Wiehan Jonker, 1ste plek Juan-Naudé Aslett, 2de plek Christiaan Cloete, 3de plek Marco Terblanché, 4de plek Ope-afdeling: Dewald Lubbe, 4de plek