Sun City-toernooi wenners

Baie geluk aan die tennisspelers wat aan die Sun City-toernooi deelgeneem en Gimmies se naam hoog gehou het! Gimmies wen die o/19 Menlo Mixit-toernooi en klop Menlopark A in die finaal met 24-7. Die meisies wen die enkelstelle 8-1 en die seuns speel gelykop 4-4. Die gemengde span se telling was 6-2 in Gimmies se […]

Gimmies se Stoepstories

Gimmies se Stoepstories was ’n aand om te onthou! Baie dankie aan GSOK en Afgri wat bygedra het tot die sukses van die aand. Dankie aan Pietman Geldenhuys wat die gehoor behoorlik aan die lag gehad het. Jy mag maar! Dankie aan juffrou Soekie Coertzen en haar span vir al die reëlings en elke gasvrou […]

Muurbal Bloemfontein Ope-toernooi

Baie geluk aan die muurbalspelers wat aan die afgelope naweek aan die Bloemfontein Ope-toernooi deelgeneem en goed presteer het! Uitslae van die naweek: Elske Garbers o/16-meisies 5de Wolfie Hamm o/16-seuns 8ste Dylan Niemack o/19-seuns 7de Bianke Pienaar o/14-meisies 3de Slegs die twee beste spelers in elke ouderdomsgroep van die onderskeie provinsies word genooi om aan […]

SAARA skyfskietkampioenskappe

Baie geluk aan Nadine Nel wat tydens die SAARA Noordwes-ope skyfskietkampioenskappe deelgeneem en puik presteer het. Nadine behaal ’n algehele eersteplek vir vroue o/20. Haar uitslae is as volg: –       548/600 (eersteplek) vir die 3P-posisie –       Vol telling (100/100) vir die lê-posisie

Skaakspelers word by prysuitdeling vereer

Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens Dr. Kenneth Kaunda se jaarlikse prysuitdelingsfunksie die volgende toekennings vir prestasies wat in 2019 verwerf is, ontvang het. Juan-Naude Aslett Beste speler tydens die 2019-proewe. Beste o/16-seunspeler van die jaar. Christiaan Cloete Speel vir 5 jaar na mekaar in die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe (SAJCC). Daniël Cloete Lid […]

Gimmies presteer by NWU-Superinterhoër

Gimmies sluit die atletiek op ’n hoë noot af! Baie geluk aan die atlete wat tydens die NWU-Superinterhoër puik presteer het. Gimmies neem in die B-afdeling deel en eindig tweede. Gimmies het meegeding met skole soos Rustenburg, Nelspruit, KHS, Montana en Marais Viljoen. Dit was ’n voorreg om deel te kan wees van so ’n dag. […]

Interhoër-swemgala

Baie geluk aan al ons swemmers wat by die Interhoër-swemgala puik presteer het. Gimmies eindig algeheel in die 2de plek met die skool wat die meeste medaljes gewen het nl. 25 goue-, 9 silwer-en 9 bronsmedaljes. Geluk ook aan Joël Kriek wat as Junior Victor Ludorum aangewys was en Alexia Delicado as Junior Victrix Ludroum. […]