Muurbal Bloemfontein Ope-toernooi

Baie geluk aan die muurbalspelers wat aan die afgelope naweek aan die Bloemfontein Ope-toernooi deelgeneem en goed presteer het!

Uitslae van die naweek:

Elske Garbers o/16-meisies 5de

Wolfie Hamm o/16-seuns 8ste

Dylan Niemack o/19-seuns 7de

Bianke Pienaar o/14-meisies 3de

Slegs die twee beste spelers in elke ouderdomsgroep van die onderskeie provinsies word genooi om aan die SA Schools-geslote toernooi wat in Johannesburg van 19 tot 22 Maart plaasvind. Elske Garbers, Wolfie Hamm, Dylan Niemack en Bianke Pienaar sal Noordwes verteenwoordig.