Wenners

Gimmies se swemmers is die wenners van die Noordwes-skole kampioenskappe! Die seuns is algehele wenners (van hoër- en laerskole) en die meisies algeheel vierde (van hoër- en laerskole). Baie geluk aan elke swemmer wat die naweek sy/haar beste gegee het. Ons is trots op julle.

Mari-Louise van Zyl blink uit

Baie geluk aan Mari-Louise van Zyl wat tydens die Vrystaat Pro Kennex-toernooi in Bloemfontein puik presteer en Gimmies se naam hoog gehou het. Mari-Louise wen die o/16-finaal se enkel- en dubbelspel.  

Gimmies se wintersport begin

Gimmies het die naweek teen Hoërskool Die Anker die NWU-Prestige-sportreeksafgeskop. Baiegelukaanelkespeler wat deelgeneemensy/haarbestegegee het. Van die 32 wedstryde wen Gimmies 20 enverloor 12. Seunshokkie: o/16A Gimmies vs. Die Anker: 9-0 1stes Gimmies vs. Die Anker: 9-0 Tennis: Juniors wen 56-7 Seniors wen 59-4 Dogtershokkie: o/14A Gimmies vs. Die Anker: 4-0 o/14B Gimmies vs. Die Anker: […]