(018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za
POTCHEFSTROOM GIMNASIUM

Krieket

Baie geluk aan Caleb Seleka wat in die CSA o/19-krieketoefengroep ingesluit is.

Hierdie groep gaan in die vakansie aan die TAP-kamp (Talent Acceleration Program) deelneem.

Mooi so, Caleb! Gimmies is trots op jou. Jy is vinnig besig om in die voetspore van oud-Gimmies, Marco en Duan Jansen, te volg. Gimmies is trots daarop dat drie seuns die afgelope twee jaar tot hiérdie span verkies is.