GUTS-tennistoernooi
Baie geluk aan die Gimmie-tennisspan wat die afgelope naweek die GUTS (Gimmie Ultimate Tennis Showdown)-toernooi puik aangebied het. Spelers van alle ouderdomme het per uitnodiging aan die toernooi deelgeneem. Gimmies se eerstespan (volgens ranglys) het ook hieraan deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt. Baie dankie aan al die borge wat deel hiervan was: […]
Drama
Baie geluk aan Nyree Beckley wat die aanlynoudisie vir Mentor My geslaag het. Oor die 400 kandidate het hieraan deelgeneem – dit is dus ’n puik prestasie! Nyree ontvang ’n jaar se dramaklasse en kry ook die geleentheid om deur die akteur Vilje Maritz gementor te word. Sy kry ook die geleentheid om op nasionale […]
Muurbal
Baie geluk aan Dylan Niemack wat tydens die Growthpoint senior muurbaltoernooi ’n derde plek behaal het. Ons is trots op jou, Dylan!
Visvangkompetisie
Baie geluk aan Christof Greyling en sy span wat die afgelope naweek aan die Pro Manie-visvangkompetisie deelgeneem en gewen het. Die beste klubspanne het aan die kompetisie deelgeneem en dié span het met die wentitel weggestap. Mooi so.