SA-tennistoernooi
Gimmies is baie trots op Mari-Louise van Zyl wat tydens die SA-tennistoernooi haar staal gewys het. Sy eindig algeheel tweede van die o/14-dogters. Dit is ’n puik prestasie!
Dragons-dameskrieketspan
Baie geluk aan Anica Swart en Colleen Oosthuizen wat tot die senior Dragons-dameskrieketspan verkies is. Gimmies is trots op jou! Alle voorspoed.
ATKV digitale spelkompetisie
Twee Gimmies, Josef Joubert en Michelle Hammann, het aan die ATKV se digitale spelkompetisie deelgeneem en puik presteer. Josef eindig derde en Michelle sewende. Baie geluk. Ons is trots op julle.