2021, Gimmies is reg vir jou!
Welkom aan al die graad 8’s, nuwe leerders, huidige Gimmies en matrieks! Dit maak ons Gimmie-harte bly om weer al die vriendelike gesigte, al word dit onder maskers weggesteek, te sien. Daar heers ’n opgewondenheid onder die leerders en ons kan nie wag om te sien wat die Gimmies hierdie jaar gaan vermag nie. Graad […]
Welkom koshuis graad 8’s!
Welkom aan al die graad 8’s wat in Brandwag- en Cachet-koshuis is! Ons weet sommer dat julle baie tuis by jul huis-weg-van-die-huis gaan wees. Ons is opgewonde om te sien hoe elkeen sy/haar merk nie net by die koshuis gaan maak nie, maar ook by die skool!
Noordwes Triathlon
Gimmies is baie trots op Rico Leijenaar wat op 6 Februarie aan die Noordwes Triathlon League 4 Race naby Klerksdorp, deelgeneem en puik presteer het. Rico wen die Duathlon Sprint-kompetisie waar hy teen sterk deelnemers van Gauteng meegeding het. Sterkte met jou voorbereiding vir die volgende kompetisie, Rico!