Matriekuitslae
Wow, matrieks van 2020! Ons Gimmie-harte bars van trots! Bitter baie geluk aan elke matrikulant wat hulle hoërskoolloopbaan suksesvol voltooi het. Ons bid vir julle baie seën en voorspoed toe. Dankie vir vyf jaar se harde werk, toewyding en Gimmie-guts. Ons salueer julle! 100% slaagsyfer Universiteitsvrystelling 88% Aantal onderskeidings 227 Graadgemiddeld 66,7% 8 Onderskeidings 1 […]
Verwelkomings-tennistoernooi
Die graad 8’s het Woensdag hulle talent by die verwelkomings-tennistoernooi gewys. Mooi so! Ons is opgewonde om te sien hoe julle Gimmie-tennis na hoër hoogtes gaan neem.
Interhuis individuele prestasies
Baie geluk aan die volgende Gimmies wat tydens die Interhuis die volgende prestasies behaal het. *Neem kennis dat die leerders se maskers slegs vir die foto afgehaal is. Junior Victrix Ludorum: Emma Joubert Junior Victor Ludorum: Altus van Zyl Senior Victrix Ludorum: Danielle Verster Senior Victor Ludorum: Armand Willemse Beste Prestasies: o/14-meisies: Jamoré Olivier o […]
Groentjieskonsert
Welgedaan aan die graad 8’s vir ’n lekkerlag Groentjieskonsert! Elke klas het ’n fliek gehad wat hulle opgevoer het – van Jaws tot die bekende Mama Mia. Dankie aan die Matriekraad vir hulle moeite en geduld met die graad 8’s.
Nel-sussies skiet in die kol
Shani en Nadine Nel het buiteskoolverband aan die SAARA Noordwes ope-luggeweerkampioenskappe deelgeneem en puik presteer het. Nadine verwerf ’n silwermedalje in 10m staan en ’n goue medalje in die 3P (kniel, staan en lê)-posisie. Shani verwerf twee goue medaljes in onderskeidelik 10m staan en die 3P-posisie. Mooi so, Nel-sussies! *Neem kennis dat die leerders se […]
Danskampioenskappe
Gimmies is baie trots op Shana Strong, Suné Bissit en Danika van Wyk wat Noordwes in Desember 2020 by die Suid-Afrikaanse danskampioenskappe in Rustenburg verteenwoordig het. Vivienne Senekal was ook vir die Noordwes-span gekies, maar kon weens omstandighede nie gaan deelneem nie. Die dansgroep het twee goue-, een silwer- en een bronssertifikaat ontvang. Dié span […]
Perdry
Juléne Barnard het die afgelope naweek aan die Midvaal-uithouperdritbyeenkoms deelgeneem en puik presteer. Sy het 80km op haar perd gery en behaal ’n derde plek in die Young rider-kategorie. Trots op jou, Juléne! *Neem kennis dat die leerder se masker slegs vir die neem van die foto afgehaal is.
Dragon-dameskrieketspan
Gimmies is baie trots op Anica Swart en Elandri Janse van Rensburg, graad 10, wat tans in Oos-Londen vir die senior Dragon-dameskrieketspan speel. Anica en Elandri het op die ouderdom van 16 hulle eerste buiging in krieket gemaak. Mooi so, meisies! Mag julle krieketloopbaan van krag tot krag gaan.
Rekords spat by Interhuis
Dit was ongelooflik om die atlete weer in aksie te sien! Dankie aan elke atleet, veral die graad 8’s, wat tydens die Interhuis deelgeneem en hulle beste gegee het. Die dag het ook gesorg vir ’n klompie rekords wat gebreek is. Mooi so, Gimmies! Emma Joubert, dogters o/14 hekkies Jamoré Olivier, dogters o/14 gewigstoot Amé […]
2020 Prestasies
Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens die prysuitdeling vir 2020 se sport en kultuur vereer is. Ons is baie trots op elkeen van julle! Senior Krieketspeler: Martin Bullock Junior Sportdogter: Riandi Boshoff & Marjuzél Venter Junior Sportseun: Martin van Onselen Junior Kultuurdogter: Shané Snijman Junior Kultuurseun: Philip Human Skildjies vir uitsonderlike sport prestasie: […]