Gimmies is baie trots op Anica Swart en Elandri Janse van Rensburg, graad 10, wat tans in Oos-Londen vir die senior Dragon-dameskrieketspan speel.
Anica en Elandri het op die ouderdom van 16 hulle eerste buiging in krieket gemaak. Mooi so, meisies! Mag julle krieketloopbaan van krag tot krag gaan.