Noordwes-atletiekkampioenskappe
Gimmies is baie trots op die atlete wat die afgelope naweek aan die Noordwes-atletiekkampioenskappe deelgeneem en puik presteer het. 51 medaljes is tussen 75 atlete ingepalm, dit wil gedoen wees! Gimmies spog met 21 goue-, 18 silwer- en 12 bronsmedaljes. *Neem kennis dat die leerders se maskers slegs vir die foto afgehaal is.
Noordwes-provinsiale swemkampioenskappe
Gimmies is baie trots op die swemmers wat 26 tot 28 Februarie aan die Noordwes-provinsiale swemkampioenskappe in Sasolburg gaan deelneem en puik presteer het! Chazél Orton, 9 goue medaljes Marno van der Merwe: 8 goue- en 4 silwermedaljes Madelé Harding, 5 goue- en 2 silwermedaljes Luané Scheepers, 1 goue- en 3 silwermedaljes Anika Rossouw, 1 […]
Noordwes Duathlon-kampioenskappe
Gimmies is baie trots op Tihard Strydom, ’n graad 8-leerder, wat die afgelope naweek aan die Noordwes Duathlon-kampioenskappe naby Klerksdorp deelgeneem en puik presteer het. Tihard het hom uitstekend van sy taak in die super sprint-kompetisie gekwyt en is tot die Noordwes-span, wat aan die SA-kampioenskappe gaan deelneem, verkies. Mooi so, Gimmies kyk uit vir […]
SA Cup-bergfietskampioenskappe
Gimmies is baie trots op Ernie Roets wat tydens die SA Cup-bergfietskampioenskappe in Limpopo eerste gekom het. Dit is ’n puik prestasie!