Gimmie-swemmers presteer
Baie geluk aan die Gimmie-swemmers wat die naweek van 26 Maart aan die SA-vlak 2 streekskampioenskappe in Kimberley deelgeneem en puik presteer het. Madelé Harding verwerf 3 goue- en 1 silwermedalje en Marno van der Merwe verwerf 4 goue- en 3 bronsmedaljes. Schalk de Vos, Janco Uys en Tiaan Rossouw verteenwoordig Gimmies by die SA-juniorswemkampioenskappe […]
Gimmie onder top skuts
Gimmies is baie trots op Leatitia van Zijl, ’n graad 9-leerder, wat tydens die SAPSA-byeenkoms (Suid-Afrika se Praktiese Skietassosiasie) in die Kaap ’n posisie onder die top 5 juniorskuts behaal het. Dit is ’n puik prestasie, aangesien 238 skuts aan hierdie kompetisie deelgeneem het. In die kompetisie skiet elke skut ’n minimum van 292 rondtes […]
Gimmie presteer in Stellenbosch
Danielle Verster het weer stof in haar opponente se oë geskop. Tydens die Endurocad-langafstandbyeenkoms in Stellenbosch het Danielle haar uitstekend van haar taak gekwyt en ’n derde plek in die senior 1500m damesafdeling behaal. Sy verbeter weer haar persoonlike beste tyd met 4 minute en 21 sekondes. Mooi so, jy maak Gimmies trots!
Xco-fietsrykompetisie
Gimmies is baie trots op Ernie Roets wat die afgelope naweek ’n tweede plek in die tweede afdeling van die SA Xco-fietsrykompetisie behaal het. Ons hou jou dop, Ernie!
Swem SA-vlak 3
Baie geluk aan die volgende swemmers wat tydens die naweek van 19 tot 21 Maart aan die SA-vlak 3 streekskampioenskappe deelgeneem en Gimmies se naam hoog gehou het. Ons is trots op julle! Jack Cameron verwerf 10 goue-, 2 silwer- en 1 bronsmedalje Tumé van Niekerk verwerf ’n gouemedalje Sumé du Preez verwerf 4 silwer- […]
Perdry
Gimmies is baie trots op Juléne Barnard wat die afgelope naweek aan ’n uithouperdritbyeenkoms deelgeneem en puik presteer het. Sy behaal ’n tweede plek in die 80km Young Riders afdeling met ’n kwalifiserende tyd van 3 ure 47 minute en 26 sekondes. Mooi so, Juléne! *Neem kennis dat die leerder se masker slegs vir die […]
GSOK se gholfdag
Welgedaan, GSOK! Julle verdien ’n groot applous vir die suksesvolle aanbieding van julle eerste gholfdag. Die dag het gesorg vir goeie gees, lekker kos en uitstekende spel. Dankie aan elke speler wat die dag bygewoon het en elke besigheid wat vir opwindende watergate gesorg het. Danksy jou ondersteuning kan Gimmie-sport na nuwe en hoër hoogtes […]
Gimmie-redenaars
Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens die skool se redenaarsuitdunne hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het. Dié leerders is ook deur na die eerste rondte van die ATKV-redenaars. Juniors: Dané Badenhorst Inge Grobler Anri Hamman Abbigail Viljoen Annemari v.d. Westhuizen Henriette Jansen v Vuuren Rick Oosthuizen Ankia Bensch Liané Nel Joné v.d. […]
Muurbal Ope-toernooi
Baie geluk aan die volgende muurbalspelers wat aan die Tecnifibre Bloem Ope-toernooi deelgeneem en puik presteer het. Gimmies is trots op julle. Elske Garbers eindig 5de vir dogters o/19 Dylan Niemack eindig 5de vir seuns o/19 Bianke Pienaar eindig 13de vir dogters o/16 *Neem kennis dat die leerders se maskers slegs vir die foto afgehaal […]