Mnr. & Mej. Gimmie 2021

Mnr. & Mej. Gimmie was weereens ’n aand om te onthou. Deelnemers, julle het stunning gelyk (ja manne, julle ook)! Baie geluk aan Leané van Tonder en Jan-Hendrik Botha wat as senior Mnr. en Mej. Gimmie 2021 gekroon is. Geluk ook aan Chantelle de Vos en Johan Malan wat met die titel van junior Mnr. […]

Ontmoet Gimmies se nuwe adjunkhoof

Gimmies is baie trots om aan te kondig dat juffrou Christine Pienaar as adjunkhoof aangestel is. Ons weet dat hierdie sterk vrou nóg dieper spore in die Gimmie-familie se harte gaan trap. Baie geluk, Juffrou! Mag hierdie nuwe fase in Juffrou se onderwysloopbaan net geseënd wees.

Gimmie-muurbal

Gimmies is baie trots op Dylan Niemack wat as die o/19 SA Closed-muurbalkampioen gekroon is. Dit is ’n besondere prestasie! Geluk ook aan Elske Garbers wat ’n 4de plek vir dogters o/19 behaal het en Bianke Pienaar wat ’n 13de plek vir dogters o/16 behaal het.

Gimmie-fietsry

Baie geluk aan Ryno Schutte wat Saterdag aan die Magalies Sleepy River-fietsrykompetisie deelgeneem en puik presteer het. Hy behaal ’n eersteplek in die o/17-kategorie. Mooi so.

SA-senior-atletiekkampioenskappe

Hiérdie drie Gimmies het hulle uitstekend van hulle taak tydens die SA-senior-atletiekkampioenskappe gekwyt. Ons hou julle dop en weet dat julle nóg hoër hoogtes gaan bereik. Karmen Fouché verwerf twee silwermedaljes in hoogspring en verspring. Sy is tans 4de op die wêreldranglys vir hoogspring en 7de vir verspring. Danielle Verster verwerf ’n goue medalje vir […]

Gimmie-swemmers presteer

Gimmies is baie trots op die swemmers wat van 14 tot 18 April aan die SA-juniorkampioenskappe deelgeneem het. Hulle het die medaljes behoorlik ingepalm en puik presteer. Chazél Orton (o/16): 200 m vryslag – goud (NW-rekord van 1995 gebreek) 400 m vryslag – goud (NW-rekord van 1994 gebreek) 800 m vryslag – goud (NW-rekord van […]

Gimmie-perdry

Baie geluk aan Katelynn Hartman wat die afgelope naweek aan die tweede kwalifiserende rondte vir die Dressage SA deelgeneem en puik presteer het. Sy verwerf twee eerste plekke vir die junior-medium ouderdomsgroep. Mooi so, Katelynn! *Neem kennis dat die leerder se masker slegs vir die foto afgehaal is.

Gimmies presteer in die Paarl

Gimmies, ons harte bars van trots! Die atlete het tydens die Twizza ASA-atletiekkampioenskappe in die Paarl uitstekend gevaar en 11 medaljes ingepalm. Baie geluk aan elke atleet. Julle het definitief Gimmie-guts gewys. Amé Keyser verwerf ’n bronsmedalje Karmen Fouché verwerf 2 goue medaljes Sandri van Rooyen verwerf ’n bronsmedalje Lee-Ann Grobbelaar verwerf ’n silwermedalje Jamoré […]

Skyfskietliga twee

Baie geluk aan die volgende Gimmie-skuts wat aan die 2de skyfskietliga deelgeneem en puik presteer het. Gimmies is trots op elkeen van julle! o/14-uitslae: Li-Mei Coetzee, hoogste punt vir kniel- en 10m dogtersposisie. Sy behaal ’n algehele eerste plek. Izak Barnard (Laerskool Baillie Park), hoogste punt vir lê- en 10m seunsposisie behaal. Izak behaal ook […]

ATKV-Digispelkompetisie

Baie geluk aan Josef Joubert, Wiané Joubert, Jana van Rheede van Oudshoorn en Hallé Swartz wat aan die ATKV-Digispelkompetisie deelgeneem en puik presteer het. Josef is as die landswye wenner van die graad 10- tot 12-kategorie aangewys. *Neem kennis dat die leerders se maskers slegs vir die foto afgehaal is.