Ontmoet Gimmies se nuwe adjunkhoof

Gimmies is baie trots om aan te kondig dat juffrou Christine Pienaar as adjunkhoof aangestel is.

Ons weet dat hierdie sterk vrou nóg dieper spore in die Gimmie-familie se harte gaan trap. Baie geluk, Juffrou!

Mag hierdie nuwe fase in Juffrou se onderwysloopbaan net geseënd wees.