Diepsee, toneelproduksie
Baie geluk aan die toneelproduksie, Diepsee, wat op 3 September aan die FAK Allegretto-toneelfees in die Springs-teater deelgeneem het. Die uitslae is soos volg: Lara Maartens: silwersertifikaat vir verhoogbestuurder Nyree Beckley en Nika Taylor: silwersertifikaat vir klank Henriëtte Jansen van Vuuren en Leané Hamman: silwersertifikaat vir beligting Janco Mouton, Etienne en Muller Dannhauser: bronssertifikate vir […]
Dogterskrieket op die wen pad!
Baie geluk aan die dogterskrieketspan wat Maandag teen Impala gespeel en die een na die ander ses geslaan het! Die dogters wen met 111 lopies en Elandri Janse van Rensburg word as speler van die wedstryd aangewys. Gimmies teken 233 lopies na 20 boulbeurte vir slegs drie paaltjies aan. Dankie aan GSOK (Gimmie-sport Ondersteunersklub) wat […]
Landlopers gaan SA’s toe!
Gimmies is baie trots op die volgende landlopers wat op 18 September aan die SA’s in Amanzimtoti gaan deelneem. Welgedaan, julle klomp langasems! o.14 Abbigail Viljoen Anchen Schutte Ruan van Niekerk Tihard Strydom o.15 Kayla Scheppel Alri Verster PC Schutte o.16 Ilane Herbst Luanke van As Rico Leijenaar Ryno Schutte o.17 Selma Kotzé o.23 Danielle […]
Gimmie-Grainvest-gholfdag
Soos elke jaar, het die Gimmie-Grainvest-Gholfdag nie teleurgestel nie en dit was ’n REUSESUKSES. Dankie aan die Gimmie-gholfkomitee vir al julle reëlings en harde werk. ’n Spesiale dank aan ons hoofborg, Grainvest. Jul ondersteuning en goedgesindheid word opreg waardeer en ons sien uit na jarelange samewerking. Ons bedank graag elke ander borg wat bygedra het […]
Gimmies wys guts teen Volkies
Gimmie-manne, vandag het julle Gimmie-guts gewys! o.17 Gimmies wen 22 – 10 o.15 Gimmies wen 31 – 14 o.14 Gimmies verloor 5 – 26 Weens Covid kon die jaarlikse Gimmie-Volkie-wedstryde nie plaasvind nie. Vandag het die twee skole wel drie vriendskaplike rugbywedstryde gespeel en Gimmies het twee van die drie wedstryde gewen. Gimmie-rugby is besig […]
Nuwe Gimmieraad vir 2021/2022
Gimmies, graag stel ons die nuwe hoofleiers van die skool en die koshuis vir 2022 bekend. Baie geluk! Mag julle ’n geseënde termyn hê en elke dag ’n verskil in die Gimmie-geledere maak. Baie geluk ook aan die nuutverkose Gimmieraad! Hoofleiers by die skool: Voorsitters: Martin van Onselen Selma Kotze O/Voorsitters: Jan-Hendrik Botha Wikus Liebenberg […]
Gimmie-Eisteddfod 2021
Die afgelope week was dit die jaarlikse Gimmie-Eisteddfod. Leerders van graad 1-12 het deelgeneem en hulle uitstekend van hulle taak, of talent, gekwyt. Julle passie vir drama, dans, kuns en musiek is aansteeklik! Dankie aan elke leerder wat hulle talent met ons gedeel het. Dit was ’n fees om na julle te kyk en te […]
Gimmies hou kamerkonsert!
Gimmies, wat kan ons sê! Die gesellige geleentheid, waartydens daar gesing en gedans is, was verseker ’n hoogtepunt! Daar was hoendervleis-oomblikke en ons het opnuut besef dat ons leerders ongelooflik baie talent het. Julle het die gehoor op hulle voete gehad en die saamsing-liedjies was verseker ’n treffer. Dankie aan juffrou Loretté du Toit en […]
Gimmies verteenwoordig SA
’n Groot applous vir dié twee dogters! Karmen Fouché en Danielle Verster, julle laat ons Gimmie-harte bars van trots. Ons was vasgenael voor die televisie om julle items tydens die o.20-wêreldatletiekkampioenskappe te kyk. Baie geluk aan Karmen wat ’n algehele sewende plek in verspring verower het. Ons is opgewonde om te sien hoe julle atletiek […]
ATKV-redenaarskompetisie
Gimmies is baie trots op dié twee redenaars wat tydens die ATKV-redenaarskompetisie puik presteer het! Inge Grobler eindig eerste in Noordwes en tweede nasionaal en Danel Fourie behaal ’n negende plek in Noordwes.