Gimmies se matriekafskeid was ’n pragtige geleentheid!
Matrieks, ons het gedink dit was die wind wat ons weggewaai het, maar dit was julle pragtige aandrokke en pakke wat ons asems weggeslaan het. Julle is in die pylvak van julle skoolloopbaan en dit is ’n voorreg om dit op só ’n glansryke wyse af te sluit. Julle is en sal altyd ’n besondere groep matrieks wees!
Dankie aan juffrou Susan Botha en haar span wat vir elke mooi detail van die aand gesorg het. Ons waardeer julle moeite en harde werk opreg.