Gimmie-OPEDAG

Gimmies help bou aan jou toekoms. Die vraag is … is jy gereed om saam te bou?

Voornemende Gimmie, jy en jou ouers word hartlik uitgenooi na ons Opedag.

Die besoeke aan die koshuise is van 16:00 tot 17:00.

Die hekke vir die besoek aan die skool open om 16:45 en die amptelike program begin om 17:30.

Dit is belangrik dat jy jou plek bespreek. Volg gerus die volgende skakel:

https://forms.gle/4dWeNK338arbScH88

Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos na andrea@gimmies.co.za.

Ons is trots daarop om te kan sê dat Potchefstroom Gimnasium ’n skool is wat rotsvas by sy leuse, Fac et Spera – werk en hoop, staan.

Die saadjie, wat later sou groei tot Potchefstroom Gimnasium, is in ‘n dorpie in die Kaapkolonie, Burgersdorp, waar die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk in 1869 gestig is, geplant. Die Teologiese Skool het ontstaan in ‘n tyd toe daar slegs neutrale staatskole was, aangesien alle godsdiensonderrig in 1865 in skole gestaak is.

‘n Uitvloeisel hiervan was die Voorbereidende Skool (tans Potchefstroom Gimnasium) wat onder die Teologiese Skool se vleuels gestaan het en in 1907, met slegs ses leerlinge, as afdeling van die Teologiese Skool gestig is.

Die stigters van die skool was professore J. Kamp, A.P.C. Duvenage, J. Lion-Cachet, F. Postma en dr. J.D. du Toit, leraar van die plaaslike Gereformeerde Kerk.

Ons visie van Potchefstroom Gimnasium is die behoud en bevordering van onderwys van gehalte en waar leerders tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel.

Ons missie is onderwys in ’n omgewing waar gelukkige leerders deur gemotiveerde onderwysers voorberei kan word vir die toekoms.

Ons glo dat u die reis deur Potchefstroom Gimnasium se webblad sal geniet en sodoende meer oor ons skool te wete kom.

Gimmie-Waardes

By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê met die doel om hulle toe te rus vir die lewe na skool.

’n Ware Gimmie-heer en Gimmie-dame leef elke dag die REGHOU-waardes met trots uit!

R – Respek

E – Eerlikheid

G – Gimmie-guts

H – Hardwerkendheid

O – Orde en dissipline

U – Uitnemendheid

Belangrike datums

Alle belangrike datums en gebeure word hier aan die Gimmie-familie gekommunikeer.

Waarmee Gimmies hulself besig hou...