Brandwag

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

BRANDWAG

Waar die koshuis se naam vandaan kom, is onseker, maar eers is dit Tranedal, Spelonk en Dagbreek genoem voor die nuwe gebou in 1953 betrek is. Die eerste gebou dateer uit 1913.

Brandwag-seunskoshuis se leuse is Waar seuns manne word en ons streef daarna om dit vir elke seun te laat bewaarheid. Hier word seuns die geleentheid gebied om holisties te ontwikkel en te groei, sodat ons mans in die samelewing kan instuur wat ‘n verskil in die gemeenskap sal maak en ‘n mentor vir ander kan wees.

2018 was ‘n ongelooflike goeie jaar vir Brandwag met 110 seuns in die koshuis. Die seuns het werklik op alle gebiede presteer en ons trots gemaak.

By Brandwag is dit vir ons prioriteit om ’n veilige tuiste aan die seuns te bied. Seuns kry die geleentheid om hulself uit te leef, maar ook om verantwoordelikheid vir hul dade te aanvaar.

Brandwag koshuisraad van 2018/19