Cachet

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

CACHET

Die eerste koshuis, wat in 1906 geopen is, is vernoem na prof. Jan Lion-Cachet en die huidige een, wat in 1951 betrek is, staan steeds so bekend.

By Cachet-meisieskoshuis streef ons daarna om elke dogter holisties te ontwikkel en te laat groei. Die dogters se positiewe samewerking en gesindheid is ons koshuis se trots.

2018 was ’n uiters goeie jaar vir Cachet. 116 dogters het aan die begin van 2018 ingeskryf en 121 dogters het die jaar afgesluit.

Die verf van die graad 9-slaapsale, wat die graad 9-ouers in Januarie aangepak het, was ’n reusesukses. Die graad 8-slaapsale is gedurende April ook geverf. Die personeel en ouers is tans besig met ’n verdere fondsinsamelingsprojek om die laaste 40 kamers te verf. Daar word ook voorsiening gemaak vir addisionele pak- en hangplek. Die meeste van die ontspanningsaalbanke is ook in Januarie met nuwe, los bekleedsels oorgetrek. Die nuwe matrasse was ook ’n hoogtepunt vir die dogters.

By Cachet is die dogters se veiligheid van kardinale belang. Die nuwe magneetstelsels by die voorste hek maak die koshuis baie veiliger.

 

Cachet koshuisraad van 2018/19