Muurbal
Baie geluk aan Dylan Niemack wat tydens die Growthpoint senior muurbaltoernooi ’n derde plek behaal het. Ons is trots op jou, Dylan!
Visvangkompetisie
Baie geluk aan Christof Greyling en sy span wat die afgelope naweek aan die Pro Manie-visvangkompetisie deelgeneem en gewen het. Die beste klubspanne het aan die kompetisie deelgeneem en dié span het met die wentitel weggestap. Mooi so.
Tennis
Baie geluk aan Mari-Louise van Zyl wat van 18-21 September aan die Vrystaat mini-tennistoernooi deelgeneem en ’n derde plek in die ope seniorafdeling behaal het. Dié veertienjarige Gimmie het haar goed van haar taak gekwyt, maar ongelukkig teen die nommer een-speler vasgeval. Gimmies is trots op jou!
Hengel
Baie geluk aan JC Greyling wat in die Protea-hengelspan opgeneem is. JC gaan Suid-Afrika in 2021 by die internasionale kompetisie in Namibië verteenwoordig. Dit is ’n puik prestasie en Gimmies is baie trots op hom.
Krieket
Baie geluk aan Caleb Seleka wat in die CSA o/19-krieketoefengroep ingesluit is. Hierdie groep gaan in die vakansie aan die TAP-kamp (Talent Acceleration Program) deelneem. Mooi so, Caleb! Gimmies is trots op jou. Jy is vinnig besig om in die voetspore van oud-Gimmies, Marco en Duan Jansen, te volg. Gimmies is trots daarop dat drie […]
Gimmie-virtuele fiksheidsdag
Die Gimmie-virtuele fiksheidsdag was genotvol vir oud en jonk. Dankie vir elke Gimmie-vriend wat hieraan deelgeneem het. ‘n Groot dankie aan Event81 en Aquazone vir die beskikbaarstelling van die swembad. Dit was ‘n groot sukses
Nuwe baadjie vir Swede-tuin
Baie dankie aan IP Makelaars wat die Swede-tuin met plaveisel en nuwe plante opgekikker het. Gimmies waardeer julle borgskap!
Besoekersdag
Een woord vir die Besoekersdag – REUSESUKSES! Baie dankie aan elke personeellid, Gimmieraadslid en terreinwerker wat gesorg het dat hierdie dag ’n sukses was. Ons het opnuut besef dat dit ’n fees is om ’n Gimmie te wees! Dankie aan elke ouer wat van vêr af gery het om die skool te besoek. Dankie vir […]
Bioscience Lewenswetenskappe olimpiade
Die volgende leerders het deelgeneem aan die Bioscience Lewenswetenskappe olimpiade wat in Maart plaasgevind het. Die leerders het onderskeidelik silwer en brons sertifikate verwerf. Silwer: Marco Terblanche Brons: Juan Naudé Aslett Annemarie Hoffman (afwesig op foto) Bronwyn Eastes Jacqueline van Rooyen Chloe Werkman
Skyfskiet
Baie geluk aan Nadine Nel en Shani Nel wat hulle Noordwes kleure in lug geweerskiet verwerf het. Die SA kampioenskappe is voorlopig vir Januarie 2021 geskeduleer. Baie geluk met hierdie uitnemende prestasie!