Eerste netbalspan is SA-kampioene!

Mooi so, netbaldogters! Gimmies se eerste netbalspan het in die finaal vir Hoërskool Menlopark met 25-22 gewen. Hierdie dogters verdien die titel SA-kampioene! Gimmies is baie trots op julle. Die o.16-span eindig 12de en die o.14-span 13de.

Wiskunde-leerders is topklas

Gimmies se wiskunde-leerders het aan die SAMF-wiskunde-olimpiade  deelgeneem, en hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Gimmies word as die toppresterende kwintiel 4-skool aangewys. Mooi so, wiskundiges! Ons is trots op julle.

o.15A’s eindig derde

Gimmies is baie trots op die o.15A-netbalspan wat derde gekom het by die Motsepe-netbaltoernooi. Die span het ook R50 000 vir die skool gewen. Welgedaan, dogters, julle harde werk word raakgesien en julle is besig om die vrugte daarvan te pluk. Geluk ook aan die afrigters en juffrou Rona van Wyk wat betrokke is by […]

Landsdiensleiers

Tydens die Noordwes-landsdienskamp is die volgende Gimmies vir die nasionale projek gekies. Baie geluk! Gimmies is trots op julle. Shané Snijman – senior groepleierJosef JoubertDanel Fourie – junior kampleier

Dansers dan hulle harte uit!

Gimmies is baie trots op die volgende leerders wat aan die nasionale Uitvoerende kunste-kompetisie deelgeneem en puik presteer het! Altesaam het hulle 67 medaljes ingepalm en al nege Gimmies is in die Team South Africa 2022-span opgeneem. Dit wil gedoen wees! Dans: Jamila de Vry Danica van Wyk Shana Strong Jana Venter Georgia Jacobs Dans […]

o.15A’s wen in Durban

Die o.15A-krieketspan het aan ‘n toernooi in Durban deelgeneem en wen drie van hulle vier wedstryde. Ons is baie trots op dié seuns wat hul uitstekend van hul taak kwyt. Gimmies wen Northwood met vyf paaltjies, Northwood uitnodigingspan met een paaltjie en St. Charles College met ses paaltjies. Gimmies verloor met 59 lopies teen Clifton.

Gimmie speel topklas tennis

Gimmies is baie trots op Mari-Louise van Zyl wat tydens die Growthpoint Super 8 Durban-tennistoernooi puik presteer het. Sy wen die dames ope enkel- en dubbelspel. Welgedaan!

Gimmies in Noordwes-hokkiespan

Gimmies is baie trots op die volgende leerders wat tot Noordwes-hokkiespanne verkies is. Julle maak ons baie trots! o.15 Anzel du Plooy Mia Hills Elrie Koornhof Liané Nel Roné Potgieter Hanri Schabort Angelique van der Westhuizen Laetitia van Zijl o.16 Cameron Charslund Mornille Jonathan Irene Strydom Jana van der Merwe o.14 Damian de Witt Emihle […]

Matriekafskeid 2021

Gimmies se matriekafskeid was ’n pragtige geleentheid! Matrieks, ons het gedink dit was die wind wat ons weggewaai het, maar dit was julle pragtige aandrokke en pakke wat ons asems weggeslaan het. Julle is in die pylvak van julle skoolloopbaan en dit is ’n voorreg om dit op só ’n glansryke wyse af te sluit. […]

Top 10 gaan op uitstappie

Na al die ure wat agter die boeke spandeer is, was dit tyd om vars lug te kry! Die top 10-leerders is Dinsdag met ’n uitstappie na Bona Bona bederf en het die diere en natuur baie geniet.