o.15 Prestige-tennistoernooi
Baie geluk aan Gimmies se dogterstennisspan wat aan die o.15 Prestige-toernooi deelgeneem en baie goed presteer het. Gimmies behaal ’n algehele sesde plek en word as die span met die meeste gees aangewys.
Eerste krieketspan wen in PE
Die eerste krieketspan het na Port Elizabeth getoer en hulle keer onoorwonne terug. Dit is ’n puik prestasie en Gimmies is baie trots op hulle! Ons is opgewonde oor die krieket wat besig is om hoër hoogtes te bereik. Hulle harde werk word beloon. Gimmies wen teen Hudson Park met 83 lopies Gimmies wen teen […]
Ernie ry dat die stof trek!
Baie geluk aan Ernie Roets wat die SA XCO-bergfietskampioenskappe in Pietermaritzburg gewen het. Ernie word ook as die vinnigste o.16-seun in die land aangewys. Mooi so, dit is ’n puik prestasie!
Muurbalspelers presteer
Baie geluk aan Bianke Pienaar en Elske Garbers wat aan die o.17 Growthpoint National Regional-kampioenskappe in Johannesburg deelgeneem en puik presteer het. Elske eindig eerste en Bianke derde.
Dogterskrieket is aan die brand!
Baie geluk aan die dogterskrieketspan wat al vyf hulle wedstryde gewen het. Die dogters het kragte teen Hoërskool Lichtenburg gemeet en as wenners van die veld gestap. Die dogters wen met vyf paaltjies en Colleen Oosthuizen word as speler van die wedstryd aangekondig.
Landlopers presteer by SA’s
Landlopers, julle maak ons Gimmie-harte baie trots! Hierdie klompie het aan die SA-landloopkampioenskappe in Amanzimtoti gaan deelneem en puik presteer. Baie geluk! o.14-dogters Abbigail Viljoen, 22ste plek Anchen Schutte, 34ste plek o.14-seuns Tihard Strydom, 17de plek Ruan van Niekerk, 32ste plek o.15-dogters Alri Verster, 10de plek o.15-seuns PC Schutte, 39ste plek o.16-dogters Ilané Herbst, 13de […]
Gimmies wen vir Grey Kollege
Gimmies het ’n besondere goeie dag op die krieketveld beleef met die eerstespan wat teen Grey Kollege se eerstespan gespeel en gewen het! Mooi so, seuns, julle harde werk is besig om vrugte af te werp en ons is trots op julle. Gimmies se eerstespan wen met 87 lopies. Die tweedespan verloor met 3 paaltjies. […]
8 Gimmies is provinsiale rugbyspan
Baie geluk aan die volgende seuns wat tot ’n provinsiale rugbyspan verkies is! Julle manne maak Gimmies trots. o.18 Cravenweek-span: Enricqu Classen Armand Willemse Christopher Albertus o.18 Akademie-span Hendrik Nel Grant Khomo-week Dian Smith Matteo Beukes Valke-week (o.16B) André Strydom Khumo Morema
Diepsee, toneelproduksie
Baie geluk aan die toneelproduksie, Diepsee, wat op 3 September aan die FAK Allegretto-toneelfees in die Springs-teater deelgeneem het. Die uitslae is soos volg: Lara Maartens: silwersertifikaat vir verhoogbestuurder Nyree Beckley en Nika Taylor: silwersertifikaat vir klank Henriëtte Jansen van Vuuren en Leané Hamman: silwersertifikaat vir beligting Janco Mouton, Etienne en Muller Dannhauser: bronssertifikate vir […]
Dogterskrieket op die wen pad!
Baie geluk aan die dogterskrieketspan wat Maandag teen Impala gespeel en die een na die ander ses geslaan het! Die dogters wen met 111 lopies en Elandri Janse van Rensburg word as speler van die wedstryd aangewys. Gimmies teken 233 lopies na 20 boulbeurte vir slegs drie paaltjies aan. Dankie aan GSOK (Gimmie-sport Ondersteunersklub) wat […]