Ekspo’s

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

EXPO's

WETENSKAP EKSPO 2018

Michael Dennis neem aan die streeksuitdunne van die jaarlikse Eskom Wetenskap-ekspo deel.  Hy verower hier ‘n goue medalje.  Sy projek word ook as die beste projek in die seniorafdeling aangewys.  Hy neem hierna aan ‘n internasionale kompetisie deel waar hy silwer verwerf.  Sy naam verskyn ook op die kortlys om te bepaal of hy oorsee sal gaan deelneem.

In 2018 het ons in die Bioscience-olimpiade slegs aan die Lewenswetenskappe- en Natuurwetenskappe-olimpiades deelgeneem.  Die Top 10-uitslae van elke skool se gemiddeld word geneem en daarvolgens het ons nasionaal agtste geëindig met ‘n gemiddeld van 65,8% in die Natuurwetenskappe Bioscience-olimpiade.  Vier leerders het silwersertifikate (70%+) en vier bronssertifikate(60%+) verwerf.  In die Lewenswetenskappe-olimpiade het Karli Steyn ‘n silwersertifikaat (70%+) verwerf en vier leerders ‘n bronssertifikaat.

Betrokke personeellid:  Me. Nadia Malan