Gimmie-sport Ondersteunersklub

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

GIMMIE-SPORT ONDERSTEUNERSKLUB

VISIE
GSOK bied vir elke leerder die geleentheid in sport om sy/haar volle potensiaal en talent te ontgin.

MISSIE

  • Om deur middel van lewensvaardighede ‘n fondasie van REGHOU daar te stel.
  • Om deur middel van aktiwiteite ‘n gesonde liggaam te huisves.
  • Om ‘n lewenslange liefde vir sport te kweek.
  • Om ‘n moontlikheid daar te stel om sport as loopbaan te kies.
  • Einddoel is om nuwe hoogtes te bereik deur een van die beste skole in die land te word.

Wat het in 2019 al gebeur:

  • Koop volgende bemarkingsmateriaal:  10 Gazebo’s, “Wall banner”, “A-Frame banner
  • Bekendstellingsfunksie van GSOK by Snowflake
  • “Capping funksie vir 4 sportspanne”
  • Onderhandelinge met Departement van Onderwys vir gebou vir gimnasium (apparatuur reeds bekom)
  • Suksesvolle Pa-dogter-funksie
  • Oor die 900 kontakte geverifieer van Gimmie-Vriende
  • Lede is na ‘n tuis Sewens rugbytoernooi uitgenooi.
  • 30 lede is gewerf

Beplanning van projekte vir 2020

  • Ma-seun-funksie
  • Bekendstelling van Interhoërspan en Top 10/30 span
  • “Op die stoep”funksie tydens Gimmie-Monna’s derby op 28-29 Februarie 2020
  • Finalisering van gimnasium
  • “Capping van 4 sportspanne”
  • “Capping van krieket (dogters en seuns)
  • Sportdinee in samewerking met verskeie sportorganiseerders

Gsok, wat deur ouers gedryf word vra elke ouer se ondersteuning in hierdie verband.  Ons gee klein baba treetjies maar beweeg darem vorentoe.

Kom sluit by ons aan.  Gaan na die volgende link:

https://cosmiccoders.co/potch-gimmies.html

Lede van GSOK:
Michael Muller, Jaco vd Merwe, Jean Verster, Leon Boshoff, Cobus van Graan, Gerhard Laufs, Jan van Ravenswaay, Martin Marx, Roelof Oosthuizen, Soekie Coertzen